Bond van die Vermeulen Familie

Placeholder Picture
vermeulenbond.org vermeulenbond.org

lidmaatskap van die Bond van die vermeulen familie

Enige persoon wie reeds die ouderdom van 18 jaar bereik het en die draer is/was van die van Vermeulen en wie se ouer/s, voog/de of eggenoot 'n direkte afstammeling is/was van enige een van die twee erkende stamvaders Jan Willemsz en Dirk Cornelisz, kan op die voorgeskrewe aansoekvorm om lidmaatskap van die Bond aansoek doen. Let op die bepalings van die Bond se grondwet wie kwalifiseer om ʼn Vriend van die Bond te word.

Wat bied die Bond jou

Vir aandag van nuwe en bestaande lede

Ledegeld beloop R75.00 per lid en R50.00 per vriend per jaar. (Hierdie ledegeld is met ingang van 1 Maart 2012 vir die eerste keer sedert stigting verhoog tot bogenoemde bedrae.)

Ledegeld vir bestaande lede is nou weer hernubaar vir die tydperk 2021/03/01 tot 2022/02/28 en moet asb. voor of op 30 April 2021 betaal word. Bewys van betaling moet per e.pos na vermeulenbond00@gmail.com bevestig word. Meld u naam en lidmaatskapnommer op die inbetaalstrokie as verwysingsnommer. Indien u nie oor ons bankdetail beskik nie, kontak ons by bostaande epos. 

Nuwe aansoekers moet ’n aansoekvorm voltooi en saam met die bewys van betaling per e.pos aanstuur. Verkry asb die aansoekvorm per epos van vermeulenbond00@gmail.com

Ten einde die voortbestaan van die bond te verseker en of groei te bevorder ,word ‘n beroep op alle Vermeulen afstammelinge gedoen om lede van die Bond te word en alle bestaande lede word versoek om hul ledegelde jaarliks betyds te betaal.

Tuisblad | Bond Stigting | Grondwet | Lidmaatskap | Stamvader Jan | Stamvader Dirk | Familiewapen | Erfenis | Byeenkomste | Nuusbriewe |  Kontak Ons | Terme en Voorwaardes

thewebman.co.za