Dirk Cornelisz VERMEULEN * __.__.1683, † Asië 02.06.1712. Dirk was in diens van die Nederlandse Oos-Indiese Kompanjie (VOC) as ’n kok.Op 9 Januarie 1704 vertrek hy aan boord van De Zeehaan uit Texel met bestemming Ceylon.Gedurende 1704 het hul in Indië geland. Op 9 Augustus 1705 het Dirk aan boord van De Zeehaan aan die Kaap geland.Dirk bly, teen sy sin, in die Kaap agter omrede hy te siek was om verder te vaar.
Op 21 April 1709 vertrek hy aan boord van die skip Limburg na Patria waar hul op 10 Augustus arriveer. Dit blyk dat hy op 30 Augustus 1709 sy ontslag uit diens van die VOC gekry het.Of Dirk ooit na die Kaap teruggekeer het, en indien wel, wanneer, kon nie vasgestel word nie.
Toe Dirk in 1704 aan boord van De Zeehaan uit Nederland vertrek het, het hy aan sy vrou, Antjen Pieters, drie maande van sy jaarlikse loon bemaak. In die soldijboek van De Zeehaan vir die periode Januarie 1709 tot 30 Augustus 1709 word sy loon uiteengesit. Daarin word die bedrag gevorder vir Antjen Pieters vermeld.Met behulp van ’n navorser in Nederland, Anneke Landheer-Roelants het sy vir my besonderhede van die huwelik tussen Dirk en Antjen PIETERS opgespoor. (Sien verdere inligting by notas ten opsigte van sy huwelik met Antjen).Dirk se huwelik in Nederland. Trou te Enkhuizen, Nederland. 03.07.1695, Antjen PIETERS Die volgende inligting is ontvang vanuit Nederland, saamgestel deur ’n Nederlandse navorser, Anneke Landheer-Roelants : Uit die Westfries Archief in Hoorn. Trouwinschrijvingen 1689 - 1695 : “Dirck Cornelisz, j.m. (wonend) op de Visschersdijk en Antjen Pieters, j.d. (wonend) op den Dijck. Getrouwt door Ds. Swalmius, 3 juli 1695”.
Daar word ook vermeld dat op drie geleenthede 100 gl gevorder is vir “transport” vir ene Maritjen Dirck. ( Die afleiding wat gemaak word is dat dit Dirk se dogter was.)Of Dirk intussen van sy vrou, Antjen Pieters, geskei was en wat van sy dogter Maritjen geword het, kon nie bepaal word nie. (Ons kon nie daarin slaag om ’n doopinskrywing in Nederland vir Maritjen Dirck te bekom nie).
Dirk trou vermoedelik gedurende 1706 met Jannetje Hansen.Dirk se vermoedelike tweede huwelik te Kaapstad. (De Facto) __.__.1706, Jannetje HANSE . (HANS of HANSEN) (Dit is nie bekend waar hierdie huwelik plaasgevind het nie.Geen rekord daarvan kon in die Kaapse argief opgespoor word nie.)Daar het in alle waarskynlikheid nooit ’n huwelik tussen Dirk en Jannetje plaasgevind nie. Uit die “huwelik” of verhouding tussen Dirk en Jannetje is twee kinders gebore.Hierdie kinders bly in die Kaap saam met hul moeder agter. Uit die V.O.C. registers blyk dit dat Dirk gedurende 1712, moontlik 2 Junie 1712 in Asië oorlede is. Besonderhede van sy verbintenis met die V.O.C. is soos volg : Persoonsgegevens van Dirk Cornelisz VERMOOLEN. Herkoms : Enkhuizen Rang : Hoogbootmansmaat. Datum van einde verbintenis : 02/06/1712 Einde verbintenis : Overleden Plaats einde verbintenis: Azie. Gegevens van de vaart : Schip : Raadhuis van Enkhuizen Inventarisnr. : 14663 Kamer : Enkhuizen Folio : 13 Uitreis : 18/05/1710 Bestemming : Batavia DAS - en reisnr. : 2112.1 Aankomst : 16/02/1711 Maandbrief : Ja Schuldbrief : Nee. Pogings om ’n boedel vir Dirk in Nederland te bekom was tot dusver ook nie suksesvol nie.
Die volgende inligting is bekom uit ‘n dokument, saamgestel deur Mansell G UPHAM, na aanleiding van sy genealogiese ondersoek na die oorsprong van die Kaap die Goeie Hoop, gebore “mestiese” vrou, na wie verwys word as :Jannetje Hans, Jannetjie Hanse en Jannetje RUTGERTROOST.Dokumentêre verwysings na haar, soos verskyn in die registers van die Kaapse Kerk (Die Grootte Kerk, Kaapstad):
Wie is die ouers van vermelde Jannetje/Jannetie ? Die inligting dui daarop dat sy moontlik die dogter was van Hans Rutgert Trost, ook bekend as Hans Rutgertroost, Rutgentroost en Rutgentrooster mag wees. Hans was ‘n Kaapse vryburger afkomstig van Erbervelt (Herbervelt), Duitsland. Hy was in 1670 ‘n soldaat en later, in 1677, ‘n vryburger te Stellenbosch. In 1687 was die plaas Weltevreden te Bottelary aan hom beloof en is dit op 29 Februarie 1692 aan hom toegeken. Hans trou op 3 Februarie 1692 met Aeghje Claesze Keiser (Keysers), afkomstig van Rotterdam en die weduwee van Nicolaes (Nikolaas) van Breda. Hy sterf in 1716. Jannetje gebruik Hans se naam as ‘n patroniem, naamlik Hans en Hanse.
Met die tweede doop, hierbo vermeld, word Jannetje se van as Rutgertroost aangedui. Omstandigheidsgetuienis dui daarop dat Jannetje se moeder moontlik Maria van Bengale, wat aan Anthonij Jansz de Later van Bengale behoort het, was. Maria van Bengale was ook bekend as Maria van de Cust Malabar. Hans Rutgertroost het ook ‘n slavin met die name van Maria van Bengale besit - Sy is dalk dieselfde slavin wat voorheen aan Anthonij van Bengale behoort het ? By genoemde Maria van Bengale het Hans oa. twee seuns, naamlik Hendrick en Carel, wat op 2 November 1687 gedoop word. Hy verwys na hulle as; “in onecht by mijn gewesen slavin, nu vrijgegewen, Maria van Bengala” In die 1690 opgaafrolle word vermelding gemaak van ‘n vrou, “Marij v.(an) Malabar.” Die getuies by die twee VERMEULEN dope : 1. Klaas Bue en Anna Marij : Claus (Claas) Beu, (Beust), (Beusz), (Bue) en (Buis), van Aalst in Ditmarsh (Duitsland), is op 31 Julie 1707 getroud met die die vrygestelde slavin, Anna Maria van de Caap. Anna Maria was op 13 Desember 1705, saam met ‘n dogter van haar, gedoop as ‘n vry slavin. Daar word ook na haar verwys as Maria Dominicus - haar vermoedelike stiefvader was dus Domingo van Bengale - haar moeder, Maria van Bengale. Anna Maria was dus moontlik die halfsuster van Jannetje Hans. 2. Cornelis van der Laan en Elisabeth Marcusz : Maria, slavin van Antonij van Bengale, doop op 7 April 1680 ‘n Elisabeth. Is sy dalk Elisabeth Marcusz ?, indien wel is sy dan ook ‘n moontlike halfsuster van Jannetjie Hans. Wat van Jannetje Hanse geword het, nadat Dirk die Kaap verlaat en na Nederland teruggekeer het, is onbekend.
Ons dank aan Mansell Upham vir die toestemming om inligting uit sy navorsingsdokument te mag gebruik.
Dirk se nageslag was aanvanklik veeboere en het hul gevestig in die Noord-Kaap omgewing (Colesberg). Afstammelinge het verder getrek na Victoria-wes, Carnarvon, Sutherland, Graaff-Reinet en Somerset-Oos. Mettertyd is daar verder getrek deur die Vrystaat na Transvaal en die Onderland (Natal). Na die Tweede Wêreld oorlog het van die terugkerende soldate verblyfreg ontvang in Suid-Wes-Afrika (Namibië). Daar was ook van Dirk se afstammelinge onder diegene wat sodanige verblyfreg ontvang het.Vandag is Dirk se nageslag versprei oor die hele Suid-Afrika, Botswana en Namibië en oor alle bedryfstakke van die beroepslewe/ekonomie.
Opgestel deur Johan Vermeulen, ongeveer 2011.