Bond van die Vermeulen Familie

Vermeulen Familie Bond
vermeulenbond.org vermeulenbond.org

Bond van die vermeulen familie

Welkom by die webtuiste van Die Bond van die Vermeulen Familie. Die Bond is onder andere verantwoordelik vir die navorsing en opdatering van die geslagsregisters van ons stamvaders Jan Willemsz en Dirk Cornelisz Vermeulen. Op 16 September 2021 bevat die geslagregister van Jan 5263 name en dié van Dirk 18283 name. Dit sluit persone reeds dood, persone nog in lewe sowel as eggenote van Vermeulens in.

Die Vermeulens van Suid-Afrika kom oorspronklik van Nederland. Die van Vermeulen is afgelei van Van der Meulen (meul in Nederlands molen). Vandag kom die van Vermeulen die meeste in Nederland voor, dan Suid-Afrika en daarna België. (met erkenning aan Wikipedia, the free encyclopedia).

“Waar komt het voorvoegsel Ver- in Nederlandse en Vlaamse familienamen vandaan? In de meeste gevallen is Ver- een samentrekking van Van de(r). Vermeulen betekent dus Van de Meulen ('molen') .” (met erkenning aan Genootschap Onze Taal)

Navorsing word reeds sedert 1989/1990 gedoen en die Bond is op 3 Maart 2000 gestig.

Klik op die onderskeie opskrifskakels hierbo om meer te wete te kom oor ons.

ONTBINDING

Die Bond het op 23 Augustus 2025 ontbind a.g.v. kwynende belangstelling. Die webblad sal nog aktief wees tot 10.04.2028. Die Vermeulen geslagregister sal egter nog steeds bygehou word en Vermeulen nasate kan steeds navraag doen oor familie of hul inligting in die geslagregister laat opdateer. Ons kontak besonderhede verskyn op hierdie webblad.

Ons facebook blad gaan voort onder die naam van Die Vermeulen Familie.

GEDRAGSKODE

As lid van die Bond onderneem ek om

DIE BOND GEDURENDE DIE KORONAVIRUS PANDEMIE

Ofskoon die uitbreek van die wêreldwye Koronavirus pandemie tot dusver nie ʼn groot invloed gehad het op die werksaamhede van die Bond nie, het die pandemie en die gevolglike inperkingmaatreëls ʼn groot negatiewe invloed gehad op die leefstyl en beroepsbeoefening van ons lede wat tot gevolg gehad het dat van ons lede asook ander Vermeulen afstammelinge finansieël swaar kry. Die noodwendige hou van die algemene ledevergadering en bestuursvergadering d.m.v. ʼn virtuele aanlyn platform is ook die direkte gevolg van hierdie pandemie. Ons is bewus van Vermeulen afstammelinge wat as gevolg van die virus gesterf het maar tot nou het ons nog geen Bondlede verloor a.g.v. Covid nie. Die bestuur van die Bond wil dus alle lede en Vriende alle sterkte toewens en vertrou dat almal gesond en veilig sal bly.

PRIVAATHEIDSBELEID VAN BOND

Om tred te hou met wetgewing oor Die Beskerming van Persoonlike Inligting, het die Bond ook ’n privaatheidsbeleid aanvaar waarvan u kennis moet neem. Kliek hier om die beleid te lees.

Laaste BESTUUR VAN DIE BOND

Die bestuur van Die Bond was as volg by Ontbinding:

Nico is na afloop van die vergadering deur die bestuur as Voorsitter aangewys.

HOE KAN JY ONS AS VERMEULEN AFSTAMMELING HELP

Maak seker dat jou en jou naasbestaandes se besonderhede korrek en opdateer is in die Geslagsregister van die Vermeulen Familie in Suider-Afrika of dat jou inligting wel in die register opgeneem is.

Vir meer inligting, KLIEK HIER

DIE VERMEULEN FAMILIE SE VERBINTENIS MET PRETORIA

Hierdie artikel is geskryf deur Johan Vermeulen en word nou na sy dood op ons webblad geplaas. Erkenning word gegee aan die bronne wat hy gebruik het om die artikel saam te stel.

Uit die inhoud van die artikel kom dit duidelik na vore wattter belangrike en geskiedkundige rol die Vermeulens gespeel het in die ontstaan en ontwikkeling van Pretoria en kan daar tereg gesê word dat die Vermeulens beskou kan word as van die eerste inwoners van Pretoria.

Om artikel te lees, KLIEK HIER

THE VERMEULENS OF STANFORD AND THE OVERBERG

Hierdie artikel word met toestemming van Annalize Mouton op ons webblad geplaas.Die artikel het op 14 Oktober 2014 verskyn in “,Portrait of a Village life in Stanford, a village in Cape Overberg”. Ons dank aan Annalize Mouton.

Om artikel te lees, KLIEK HIER

Tuisblad | Bond Stigting | Grondwet | Lidmaatskap | Stamvader Jan | Stamvader Dirk | Familiewapen | Erfenis | Byeenkomste | Nuusbriewe |  Kontak Ons | Terme en Voorwaardes

thewebman.co.za