Bond van die Vermeulen Familie

Placeholder Picture
vermeulenbond.org vermeulenbond.org

geslagsregister aankope

Onderstaande items word teen feitlik kosprys aan Bondlede en ander Vermeulen nasate beskikbaar gestel. Die Bond het geen voorneme om wins op items te maak nie en daarom word items teen minimale koste aangebied.

Die laaste 4 X stelle van die 2011 Geslagsregister (Gedrukte weergawe) is nog beskikbaar. Daar word nie voorsien om binnekort ʼn nuwe oplaag te druk nie. Bestel so gou moontlik om hierdie Vermeulen Familie geskiedenis as ‘n trotse versamel stuk met erfenis waarde te besit..Dit bestaan uit twee bundels van 487 en 963 bladsye.

Placeholder Picture

Die opdateerde dokument op Cd/Dvd is uiteindelik beskikbaar vanaf 2019. Stamvaders Jan en Dirk het afsonderlike geslagsregisters. Die rede hiervoor is omdat die volume van slegs een lêer versending en verwerking baie moeilik maak en dit vergemaklik veral naslaan en lees van die dokument. Dit sluit in die die foto albums van persone, grafte en dokumente

Placeholder Picture
Placeholder Picture

Indien jy die Geslagsregister (.pdf) van Jan Willemz of Dirk Cornelisz elektronies/digitaal op jou rekenaar of slimfoon wil ontvang, of te laat druk, kan jy dit bekom bloot deur die aflaai teen minimale koste. Dit neem ongeveer 60 sekondes om dit op jou rekenaar af te laai. Die skakel, om dit te besigtig, te druk of af te laai vir jou eie gebruik sal aan jou gestuur word nadat die betaling bevestig is. L.W. die skakel sal net vir ‘n periode van 30 dae beskikbaar wees, na verkryging.

Die Bond was op 3 Maart 2020 20 jaar oud. ʼn Gedenkuitgawe in elektroniese formaat is saamgestel ter viering van hierdie belangrike gebeurtenis. In hierdie gedenkuitgawe verskyn van die Vermeulen stories en verhale wat oor die jare opgeteken is en waarvan sommige die afgelope 20 jr. in ons nuusbrief Die Meulenaar verskyn het. Daar is ook nuwe artikels wat ons vertrou julle baie interessant sal vind. Julle kan die .pdf weergawe aflaai op jul rekenaars/slimfone en dit so gebruik, of die dokument laat druk in kleur of indien jy ʼn meer blywende weergawe wil besit, dan kan jy dit laat druk en laat bind in tydskrifvorm en aanwend as ʼn koffietafelboek. Dit neem so 10 minute om die boek op jou rekenaar aft e laai. Die Bond het al die koste vir die tegniese versorging en uitleg van die boek betaal. Aangesien ons met ou foto’s en dokumente gewerk het wat in sommige gevalle beteken het dat ons met afdrukke van afdrukke gewerk het, is sekere foto’s nie van ʼn hoë gehalte nie. Ek is van mening dat ons nogtans daarin geslaag het om ʼn goeie produk daar te stel . Die laaste bladsy met die baie foto’s op is die agterbuiteblad indien dit in boekvorm gebruik word.

Die elektroniese formaat van die Gedenkuitgawe is gratis aan Bondlede beskikbaar gestel en sal ook in die toekoms gratis aan nuwe lede beskikbaar gestel word.

Placeholder Picture


ANDER aankope

Prys vir Lede en Vriende

Prys vir Ander

Geslagregister per stel op CD/DVD 

R 100

R 150

Geslagregister per stel Elektronies/Digitaal

R 50

R 100

Gedenkuitgawe 2020 - Digitaal 

Gratis

R 100

Pette met Bondwapen daarop gedruk

R 40

R 40

Koppies met Bondwapen daarop gedruk

R 15

R 15

Bordjies met Bondwapen daarop gedruk

R 20

R 20

Bierbekers met Bondwapen daarop gedruk

R 40

R 40

LET WEL PRYSE SLUIT NIE VERSENDING KOSTE IN NIE.
Betaling moet vooraf gedoen word. Kontak ons by onderstaande epos vir bankbesonderhede:

Harde kopieë dokumente en items kan aan jou versend word. Via Postnet sal dit ongeveer R100-00 ekstra beloop indien versend na ʼn adres in Suid-Afrika.

Indien betaling in bank oor toonbank en of per OTM gemaak word, moet bankkoste wat van toepassing is, bygevoeg word. Elektroniese betalings (EFT) hef geen bankkoste nie.

Vir enige navrae oor aankope kontak: Hennie Vermeulen:
Epos vermeulenbond00@gmail.com of Selnr: 082 585 7692

Tuisblad | Bond Stigting | Grondwet | Lidmaatskap | Stamvader Jan | Stamvader Dirk | Familiewapen | Erfenis | Byeenkomste | Nuusbriewe |  Kontak Ons | Terme en Voorwaardes

thewebman.co.za